Mamma’s met eindelose posbeskrywings…

Vier saam met Die Hoorn Vrouemaand! Geniet die leesstof hieronder en leer ken van die Klein Karoo se vroue wat voorvat!

Deur Angelique Erasmus
EK onthou nog daardie advertensie oor die tannies wat om ’n tafel sit en vertel hoe hulle in die ou dae gekook het.

Van die môre vroeg tot die nagte laat is daar in die kombuis gewerskaf.

In ’n stadium vra ’n meisietjie vir haar ouma wat hulle vir pret gedoen het, waarop sy antwoord: “Ons het gebak”…

Dit laat my dink aan vandag, aan die wilde gejaag van mammas wat voltyds werk, kinders van en na skool, sport en speelafsprake neem.

Kos wat gekoop en gekook moet word (en dit moet heilsame kos wees want kitskos is “gif”).

Vuil gesiggies en lyfies wat elke aand gewas moet word en in pajamas ingestoei word.

Huiswerk wat wag, briefies ge­teken, koekverkopings, kermisse, kas­kardae en minidae en nog vele meer.

Sodra al die kinders in die bed is, en die aand soos ’n oogwink verby gevlieg het, gaan sit ek gewoonlik êrens waar dit stil is, haal diep asem en kom net tot verhaal.

Ek verteer die dag se gebeure, liaseer elke dingetjie in my brein en hoop ek vergeet nie daardie toets, daardie oortreksel of daardie verjaarsdag nie…

En die volgende oggend wanneer my wekker afgaan, staan ek op en trotseer die daaglikse gejaag met “flair”.
Soos my ouma sal sê, sit op jou lippies en glimlag, en pak die dag met ’n sprankel aan!

Log in with your credentials

Forgot your details?