Groot borskankerstap op 23 Oktober

Deur Angelique Erasmus
VOLGENS die webtuiste van die Kanker­vereniging van Suid-Afrika (Kansa) toon statistiek dat een uit elke 27 vroue die kans staan om met borskanker gediagnoseer te word.

Dit is gelykstaande aan sowat 19,4 miljoen vroue van 15 jaar en ouer in Suid-Afrika.

Oktober is Borskanker-bewusmakingsmaand en Kansa versoek op hul webtuiste vroue om vir gereelde ondersoeke te gaan, en ’n gesonde en gebalanseerde lewenstyl te handhaaf.

“Kennis is mag – en daarom is dit van uiterste belang dat vroue die waarskuwings-tekens moet ken, en nie wag tot dit te laat is nie,” moedig die webtuiste aan.

Borskanker is volgens statistiek op die nasionale kankerregister een van die topvyf kankers wat in vroue voorkom.

Kansa raai alle vroue van 40 jaar en ouer aan om jaarliks ’n mammogram te laat doen.

• Kansa Oudtshoorn beplan ’n staptog vir borskanker op 23 Oktober om 18:00 vanaf die De Jager Sportkompleks.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Adri Odendaal by sel 072 133 0444.

Log in with your credentials

Forgot your details?