Gesonder, beter, maerder – verander jou lewe nóú so!

Ilse Pienaar (links) en Merida Serfontein.

TWEE Oudtshoorniete wat al jare lank in die gesondheidsbedryf werk, is onder die eerste groep Suid-Afrikaners wat as lewensafrigters (Health Coaches) by die Health Coaches Academy in die Verenigde Koninkryk gekwalifiseer het om mense te help om hul leefstyl en daaglikse keuses so aan te pas om ’n gesonder lewe te lei.

Ilse Pienaar (20 jaar lank ’n Body Stress Release-terapeut) en Marida Serfontein (15 jaar lank ’n oogkundige) sê veral mense wat aan chroniese siektes soos diabetes, artritis, hartsiektes en vetsug ly, se lewens kan verander as hulle ’n kopskuif oor hul leefstyl maak en dit kombineer met die regte voeding.

Hulle rol as lewensafrigters is om saam met iemand ’n unieke leefstylplan saam te stel en die persoon te ondersteun om veranderinge te maak én te onderhou, en ondersteunend saam te werk met mediese praktisyns. Dit is vir elkeen wat glo dat ’n mens vorentoe kan beweeg uit elke situasie of kondisie. Oor die resultate wat hulle by mense sien, is albei baie opgewonde.

Daar is byvoorbeeld vele simptome gekoppel aan iemand se leefstyl, soos oorgewig, wat kan aan­dui dat iets skort met jou leefstyl en gesondheid. Hulle volg byvoorbeeld ’n program om mense te help om hul bloedsuiker te stabiliseer, en wat help dat die drang na suiker en koolhidrate verdwyn.

“Ek het al mense gehad wie se bloedsuiker so onstabiel was dat hulle dit as angstigheid en depressie ervaar het,” sê Ilse.

Hulle vind ook dat mense op al jonger ouderdomme aan chroniese siektes begin ly, maar wag om hul leefstyl te verander totdat ’n groot lewens­veran­de­rende diagnose hulle dwing om op te tree.

Mense se wilskrag is ook beperk, en daarom ondersteun hulle mense om nuwe gewoontes en ’n nuwe leefstyl aan te leer. “ ’n Nuwe leefstyl raak volhoubaar as gefokus word op wat vir jóú werk en op jou sterk punte. Optimale welstand het vir elkeen ’n unieke betekenis,” sê Marida

Dit is belangrik om alle aspekte van die lewe aan te spreek. Ook iets soos slapeloosheid wat veroorsaak kan word deur die lang blootstelling aan die blou lig van selfone en rekenaars.

• Maak so om een van twee lesers te wees om 50%-afslag te wen op vier sessies by Ilse of Marida: Stuur ’n WhatsApp of e-pos waarin jy sê hoekom jy dit wil doen na Ilse: sel: 082 417 0501 / e-pos: ilse.pienaars@ gmail.com OF na Marida: sel: 082 7733 191 / e-pos: ruby_vine@yahoo.com

Hou Die Hoorn dop vir terugvoer oor die twee gelukkige wenners se vordering. Anonimiteit gewaarborg in dien jy dit so sou verkies.

• Hierdie program is nie ’n plaasvervanger vir mediese behandeling nie, maar aanvullend. Raadpleeg ’n dokter as jy enige onsekerhede het.

Log in with your credentials

Forgot your details?