Eko-wenke vir skoonmaakprodukte

Deur Angelique Erasmus
MET die groeiende lewenskoste, poog alle verbruikers deesdae om hul rande so ver moontlik om te draai en so ver moontlik te rek.

Nie net is ons meer omgewingsbewus nie, maar hoe minder “groen” ons lewe, hoe groter die uitdaging om ons planeet te red. Gebruik op jou eie risiko.

Hier is ’n paar voorstelle (noem dit sommer boererate) van inwoners wat nie net jou sak sal pas nie, maar ook ’n eko-vriendelike manier van skoonmaak bied.

Kry meer was uit jou waspoeier:
Meng 2 kg waspoeier, 1 kg sout, 1 kg koeksoda en rasper een koekie groen Sunlight-seep by.
In plaas van versagmiddel, gooi 1 koppie wit asyn saam met jou spoelwater om materiaal sag en reukvry te maak.

Algemene skoonmaakmiddel:
Meng gelyke dele water met asyn in ’n spuitbottel.
Voeg ook ’n paar druppels suur­lemoensap by vir ’n vars sitrusreuk.

Glas-opwasmiddel:
Verdun asyn met water – dit laat glasoppervlaktes streepvry.

Vir muf in badkamers:
Meng water en bakpoeier tot dit ’n pasta vorm, en smeer aan die betrokke area.
Los vir ’n rukkie.

Was hierna af met ’n tandeborsel en verwyder wat oorbly met ’n sponsie.

Aangebrande en aangepakte potte en panne:
Meng sout en suur­lemoensap en gebruik as ’n natuurlike skuurmiddel.
Dié resep doen ook wondere vir koppies wat gevlek is.

Vloerwasmiddel:
Vul ’n houer met suurlemoenskille en voeg asyn daarby.
Laat dit vir tot twee weke staan.

Meng dit dan met water.

Dit ruik nie net vars nie, maar dien ook as ontsmettingsmiddel.

• Die internet is prop­vol bruikbare wen­ke oor skoonmaakmeng­sels. Daar is selfs resepte om jou eie was­- poeier te vervaardig.

Log in with your credentials

Forgot your details?