De Rusters bak en brou vir naweek se Meiringspoort-wedlope!

De Rust is nog die hele week ’n miernes van bedrywigheid met inwoners wat gereed maak vir die naweek se bekende en gewilde Mei­ringspoort-wedlope en feesbasaar. Hier is van die vroue van die dorp besig om eetgoed te berei. Links is Letsie du Plessis, Rianna Terblanche, Annetjie Stander, Lenie Delport en Marie Janse van Rensburg besig om koeksisters te maak, en regs pak Glendine Chisholm sakkies vol koekies. Die feesbasaar skop al Vrydag om 11:00 af. Lees meer oor die basaar en wedlope op bladsy 12. Foto’s verskaf

Log in with your credentials

Forgot your details?