Landbouwerkers Vrydag vereer

Deur Liesel le Roux
DIE top-landbouwerkers van die Klein Karoo word Vrydagaand tydens ’n gala-aand by De Opstal Country Lodge buite Oudtshoorn vereer.

Die jaarlikse gala-aand is ’n hoogtepunt op die landboukalender in die streek met die kollig wat op die Klein Karoo se talentvolle en hardwerkende landbouwerkers val.

Werkers sal vereer word in die volgende kategorieë: Trekkerdrywer, Besproeiingspesialis, Tegniese Operateur, Diereproduksie, Administratiewe Personeel, Landbouverwerking, Junior Bestuur, Middelbestuur, Voorman, asook Algemene Werker, terwyl die Landbouwerker van die Jaar uit die wenners van die onderskeie kategorieë aangewys sal word.

Al die wenners sal deurdring na die Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings waar hulle teen landbouwerkers van die ander streke in die Wes-Kaap te staan sal kom.

Log in with your credentials

Forgot your details?