Klein Karoo Saadproduksie gee erkenning

Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) het verlede Woensdag tydens ’n gala-aand by Surval buite Oudtshoorn aan sy saadprodusente erkenning gegee vir uitnemendheid. Die pryswenners is voor van links (met saadkategorie in hakies) Johan Strasheim (F1-uie, >5 ha), Pieter Burger (produksiebestuurder KKSP), David Malan (besturende direkteur KKSP), Marius Spies (F-1 Lenteuie), Louis Jonck (OP Wortels en New Bunching) en Willie Visagie (Chinese Preie). Agter van links is Derec Giles (OP Lenteuie), Lefeber Slabbert ( F1-uie, <5 ha), Henry Coetzee (Rooi Uie, >5 ha), Bertus en Eduard Goussard (Wit Uie), Christoffel Spies (F-1 Lenteuie), Louis Zaayman (OP Geel Uie, >5 ha en Preie), Andries Steenkamp (Rooi Uie, <5 ha), Jurie Klue (F-1 Wortels) en Pieter Johan Conradie (OP Geel Uie, <5 ha).

Die naaswenners is voor van links (met saadkategorie in hakies) Christopher Jones (OP Lenteuie), Pieter Burger (produksiebestuurder KKSP), David Malan (besturende direkteur KKSP), Malan Jonck (F1- Wortels asook wenner van Nuwe Toetreder van die Jaar), Jan J Lategan (OP Lenteuie), André Rabie (OP Geel Uie, <5 ha) en Johan Kriel (Uie: F1 (<ha). Agter van Links Anthonie Troskie (OP Geel Uie, <5 ha), Jurie Klue (Rooi Uie, <5 ha), Hannes van Niekerk (OP Geel Uie >5 ha), Louis Zaayman (New Bunching), Jan Crafford (Uie: F1, >5 ha), Duo Faure (F-1 Lenteuie), Hannes Terblanche (F-1 Wortels), Piet Schoeman en Boeta Schoeman (OP Wortels), Thinus Louw (Uie: F1, <ha), Loutjie Hanekom (Uie: F1, >5 ha), Ernst Marais (Uie: F1, <ha) en Pierre Rabie (Chinese Preie).

China se Groot Muur kafgedraf!

JH Terblanche Boerdery is aangewys as die Nuwe Toetreder van die Jaar. Bo is David Malan (besturende direkteur KKSP) by Malan Jonck en Hannes Terblanche.

Gauls Boerdery is die Opkomende Landboubesigheid van die Jaar. Hier ontvang Johan Arnoldus (middel) van Calitzdorp die toekenning van David Malan (besturende direkteur KKSP) en Pieter Burger (produksiebestuurder KKSP).

DIE chef, restauranteienaar en avonturier David Grier het teenwoordiges die aand vasgenael gehou met sy vertellings oor sy ervaring toe hy die meer as 6000 km wat die Groot Muur van China lank is, al twee keer gehardloop het. Die fondse wat Grier met sy talle hardloopavonture insamel, gaan vir opera­sies op kinders met haaslippies en ver­skeie gemeenskapsprojekte soos die bou van kli-nieke en optelpunte vir medikasie.

Grier, wat die geweldige afstand die eerste keer in 98 dae en die tweede keer in 78 dae voltooi het teen ’n gemiddelde afstand van 60 km per dag, sê hy het baie lesse tydens dié ervaring geleer. Die uiterste klimaat in die Gobiwoestyn met 50 grade C bedags en -5 grade C snags, ’n tekort aan water, sy hardloopmaat wat hom verlaat het, en die ervaring toe hy erg siek geword het en ’n operasie moes ondergaan, het hom geleer dat daar ’n dag in jou lewe kom wat jy besef jy moet aanpas om te kan aangaan.

“Almal bereik ’n kruispad. On­voor­­spelbare dinge waaroor jy geen beheer het nie en wat jou tot die uiterste toets, gebeur. Moenie opgee nie. Hou aan, en jy sal as ’n sterker persoon anderkant uitkom. Ek het tydens my ervaring op ’n punt gekom waar ek gedink het ek kan nie aangaan nie, maar tog het ek.

“Die belangrikste bestanddeel vir sukses is om nooit op te gee nie. Maak ’n plan, want deur vernuwend te dink, kom verandering.”

Hy het ook geleer dat ’n mens nie op ander moet staatmaak om jou wed-ren vir jou te hardloop nie, maar aan die ander kant ook dat jy mense op jou pad sal ontmoet wat baie vir jou kan beteken. “Kies versigtig, want ander mense kan jou maak en breek.”

Grier het gesê hy glo in die woorde van sy pa dat ’n mens eerder iets moet probeer en misluk as om glad nie te probeer nie.

Die motiveringspreker David Grier.

Coenie de Villiers, die gaskunstenaar wat by die toekenningsaand opgetree het, in aksie.

KKSP beleef beste jaar nog ondanks kwaai droogte

David Malan, besturende direkteur van Klein Karoo Saadproduksie, aan die woord.

DIT was ondanks die huidige droogte in groot dele van sy produksiegebiede die beste jaar nog wat Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) beleef het – ten opsigte van omset sowel as wins, het David Malan, besturende direkteur van KKSP, verlede Woensdag (16 Oktober 2019) by die erkenningsgeleentheid vir KKSP se saadprodusente op Oudts­hoorn gesê.

Dié gala-aand is by die Surval Olive Estate buite Oudtshoorn aangebied.

KKSP, wat sowat 49% van Suid-Afrika se saadproduksie lewer, het saadprodusente in die Klein Karoo, Karoo, Noord-Kaap, Boland, Weskus, Suid-Kaap en die Suid-Vrystaat.

Malan het in sy toespraak gewys op die belang­rikheid van die saadbedryf wat sal moet help om kos te voorsien aan ’n groeiende wêreldbevolking met die geboortesyfer wat steeds groei terwyl mense se lewensverwagting ook toeneem.

Volgens Malan toon vooruitskouings die huidige wêreldbevolking wat reeds op 7,3 biljoen mense staan, sal in die jaar 2100 op 11,2 biljoen staan.

Die bedryf staan egter voor talle groot uitda­gings wat deur klimaatsverandering meegebring word.

Hoër temperature sal oesproduktiwiteit verminder en ge­paard gaan met meer droogtes afgewissel met periodieke swaar reën en vloede, ’n verandering in oessiklusse, die voorkoms van nuwe peste en siektes, terwyl ’n toename in die soutgehalte van water ook ’n uitdaging sal bied.

Volgens Malan is ’n rekord aanvullende betaling van R17,5miljoen vanjaar aan produsente uitbetaal wat 10.1% beloop van die saad van hulle aan-gekoop. Dit beteken effektief dat die produsent se prys met 10.1% verhoog word teenoor die prys in sy saadkontrak. Die vorige hoogste aanvullende betaling was R10miljoen in 2018.

Verskeie geslagte Delports het KKSP se erkenningsgeleentheid bygewoon. Onder hulle was van links Francois Delport en sy oupa en ouma, Frans en Lenie Delport, en húl skoondogter en seun Hannerie en Bernard Delport.

Log in with your credentials

Forgot your details?