Harige volstruise lei tot swak velgradering

So lyk ’n volstruisvel met talle gaatjies tussen die veerknoppies. Foto verskaf

Deur Anel Engelbrecht
DAAR word toenemend probleme ondervind met klein gaatjies op volstruisleer.

Hierdie klein gaatjies tussen die veerknoppies is haarfollikels en is te wyte aan hare of fyn veertjies op volstruisvelle. Die oormatige voorkoms daarvan lei tot die afgradering van volstruisvelle.

Navorsing toon dat dit hoogs oorerflik is. Met goeie teling kan daar dus daarteen geselekteer word om dit te verminder en sodoende velgrade­rings te verbeter.

Die maklikste manier om die probleem aan te spreek is om jong slagvolstruise deur te gaan en dan die haarlose volstruise uit te haal en te selekteer as broeimateriaal. Sodoende kan daar noodsaaklike vervanging van ou broeimateriaal gedoen word, terwyl hierdie probleem mettertyd aangespreek en verminder word.

Produsente wat meer inligting verlang of hulp nodig het met die deurgaan van hulle slagvolstrui­se, kan my gerus kontak by 081 0384647 of anele@elsenburg.com.

• Anel Engelbrecht is verbonde aan die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Oudtshoorn Navorsingsplaas

Log in with your credentials

Forgot your details?