Dryland gee groot vir droogtehulp

Dryland Event Management het Maandag ’n skenking van R25000 oorhandig aan Agri Klein Karoo se droogterampfonds, die Klein Karoo Disaster Relief Fund, om boere in die streek te ondersteun. Van links is Joey Potgieter, voorsitter van Agri Klein Karoo, en Henco Rademeyer, Carel Herold en Bernard le Roux van Dryland Event Management. Potgieter het sy dank namens die boere van die Klein Karoo uitgespreek. Hy het die versekering gegee dat die fondse goed aangewend sal word en die droogtehulp so gou as moontlik versprei sal word. Foto: Wyndham Ewerts

Log in with your credentials

Forgot your details?