Boerdery op die knieë

Deur Liesel le Roux
MET boerdery in die Klein Karoo en diegene betrokke daarby wat wankel onder die voortslepende droogte, groei die krisis op plase in die streek maandeliks.

Volgens Joey Potgieter, voorsitter van Agri Klein Karoo, is daar plase tussen Oudtshoorn en Calitzdorp waar geen werkers meer in diens is nie omdat boerdery daar tot stilstand gekom het.

Potgieter het reeds in Januarie aan Die Hoorn gesê dat party boere in die Klein Karoo na ’n korter werksweek moes afskaal of die werksdag moes verkort omdat daar as gevolg van die droogte nie meer genoeg werk op hul plase was nie. In daardie stadium moes sekere boere as gevolg daarvan reeds tussen 15% en 20% van hul werkers aflê.

Potgieter sê die droogte se uitwerking in die Klein Karoo is, veral vir diegene wat geen waterbron het nie en diegene wat nie met volstruise boer nie, vernietigend. Omdat hulle nie kan boer nie, worstel talle boere ook om gereelde finansiële verantwoordelikhede na te kom.

Log in with your credentials

Forgot your details?