Anver stap met louere weg!

Anver Britz (middel) van die plaas Welbedacht van die Saag Jonker Groep is as 2019 se Landbouwerker van die Jaar aangewys. Links van hom is Jason Booysen van dieselfde plaas wat aangewys is as die landbouwerker met die beste potensiaal en regs Jerry Arries van die Departement Landbou. Britz is ook as wenner in die kategorie vir Voorman aangewys.

Joey Potgieter (links), voorsitter van Agri Klein Karoo, en Chris Schutte(regs) van Shoprite by die wenners van die toppryse by vanjaar se Klein Karoo Landboutoe­kennings. Van links is Anver Britz (voorman), Nico Maarman (junior bestuur) en Isak Damons (middelbestuur). Foto’s: Schalk le Roux

Die ander toplandbouwerkers in die Klein Karoo wat Vrydagaand bekroon is, is Marius Joseph (algemene werker), Johny Vian Wanie (trekkerdrywer), Ivan Pikaan (besproeiingspesialis), Andrie Julies (tegniese operateur), Heindrich Goliath (diereproduksie) , Mathilda Peers (sosiale ontwikkeling), Brendon Booysen (administastiewe personeel) en Zain Lewis (landbou-verwerking).

Deur Liesel le Roux
DIE top-landbouwerkers van die Klein Karoo is Vrydagaand tydens ’n gala-aand by De Opstal Country Lodge buite Oudts-hoorn vereer.

Anver Britz van die plaas Welbedacht het die toptoekenning van die aand gewen toe hy as Landbouwerker van die Jaar aangewys is. Hy is ook aangewys as die beste voorman in die Klein Karoo.

Jason Booysen van dieselfde plaas is aangewys as die landbouwerker met die beste potensiaal terwyl De Rustica aangewys is as die beste presterende plaas vir hul groot groep weninskrywings.

Die wenners met die twee naaswenners vanjaar was soos volg:

• Algemene werker: Marius Joseph (Greylands) met die naaswenners Karel Gerhardus (Welbedacht) en Branwill Williams (De Rustica).

• Trekkerdrywer: Johny Vian Wanie (Boplaas Kammanassie) met die naas­wenners Freddie Boesak (Normandien Farms) en Jacobus Adoons (Greylands).

• Besproeiingspesialis: Ivan Pikaan (Diepkloof, OJH Boerdery) met die naaswenners Thomas Oosthuizen (De Rustica) en Gert Hendricks (Normandien Farms).

• Tegniese operateur: Andrie Julies (Vredelus) met as naaswenners Klaas Goliath (Greylands) en Dimitri Botha (Kamwyn Kammanassie).

• Diereproduksie: Heinrich Goliath (De Rustica) met as naaswenners Morné Voster (Ezeljacht Boplaas) en Samson Pieterse (Diepkloof, OJH Boerdery).

• Sosiale ontwikkeling: Mathilda Peers (Kommandantsdrift) en die naaswenners Mike Hendriks (Le Mirage) en René Cupido (Greylands).

• Administratiewe personeel: Brendon Booysen (Kammanassie) en as naaswenners Jaqualine Prinsloo (Welbedacht) en Zelda-Marie Heyns (Kommandantsdrift).

• Voorman: Anver Britz (Welbedacht) en die naaswenners Ben Swartz (De Vos Landgoed) en Johanna Claassens (Cerasus Boerdery).

• Junior bestuur: Nico Maarman (Welgeluk & Venturia, Cerasus Boerdery) en die naaswenners Raquel Gradwell (Aangenaam, OJH Boerdery) en Dawid van Rooi (Vredelus).

• Middelbestuur: Isak Damons (De Rustica) en die naaswenners Elledine Visagie (Aangenaam, OJH Boerdery) en Hendrik September (Micro Farms).

• Landbou-verwerking: Zain Lewis (Welbedacht, Joey Potgieter) en naaswenners Johannes Solomons (Klipheuwel) en Gaylin Stuurman (De Rustica).

Die wenners dring nou deur na die Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings waar hulle nou teen die landbou­werkers wat wenners was van al die ander streke in die Wes-Kaap te staan gaan kom.

Log in with your credentials

Forgot your details?