AgriSA antwoord boere se kwelvrae

By die ge­sprek was van links Cornie Swart (president Agri Wes-Kaap), Laubscher Coetzee (Agri Klein Karoo-ver­teen­woor­diger by Agri Wes-Kaap), Dan Kriek (president Agri­SA), Jannie Strydom (uit­voerende hoof Agri Wes-Kaap) en Joey Potgieter (voorsitter Agri Klein Karoo).

Deur Tisha Steyn
BOERE van die Klein Karoo kon verlede week kwelvrae oor verskeie kwessies en vrae rondom AgriSA se posisie ten opsigte van huidige politieke woelinge in landbou aan die president van Agri SA, Dan Kriek, rig.

Kriek, vergesel van Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, en Jannie Strydom, uit­­voe­r­ende hoofdirekteur van Agri Wes-Kaap, het Dinsdag­oggend sowat 60 boere tydens ’n geslote vergadering in die Klein Karoo Groep se Boeresaal in Oudtshoorn toegespreek.

Kriek het voorts na die vergadering saam met Laubscher Coetzee, boer en Agri Klein Karoo se verteenwoordiger by Agri Wes-Kaap, oor die gebied gevlieg sodat die omvang van die huidige droogte onder sy aandag gebring kon word.

Die vliegrit is geborg deur die Oudtshoorn Vliegklub.

Volgens Coetzee het Kriek ten opsigte van ­grondonteiening sonder vergoeding gesê hy is nie so bekommerd oor die verandering aan Artikel 25 nie, omdat die nuwe bewoording nog nie gefina-liseer is nie.

Hy voorsien ook nie dat dit voor die algemene verkiesing in Mei sal realiseer nie.

Kriek het voorts aangedui dat AgriSA nie voor die finalisering van die bewoording van Artikel 25 wou optree nie, maar sal die kwes­sie na die verkiesing verder gevoer word.

Volgens Coetzee het Kriek gesê: “Ons betree ’n moeilike politieke tydperk in die volgende paar maande voor die verkiesing, en ons doen ’n beroep op boere om kalm te bly.”

Kriek het boere versoek om nie toe te laat dat haatspraak hulle ondeurdag laat optree nie.

“Boere moet nie toelaat dat hul primêre fokus van boerdery af­gelei word nie. Die doel van die haatspraak is om reaksie te ontlok sodat boere in woede ondeurdag optree. ”

Kriek het boere aan-gemoedig om sekuriteit op hul plase op te knap.

“In die Klein Karoo is ons laks, omdat ons tot dusver nie blootgestel is aan ’n ernstige mis­daad op die plase nie,” sê Coetzee.

“Volgens Dan bedryf boere van die Noordoos-Vrystaat, waar hy boer, ’n 24-uur patrol­lieteen­woordigheid om plaasaanvalle te voor­kom.”

Log in with your credentials

Forgot your details?