Moenie Open Studios die week misloop nie

Kevin de Klerk in sy ateljee in Markstraat. Dié ateljee is een van die talle tuis­uitstallings wat deel uitmaak van die gewilde kunsfees Prince Albert Open Studios wat van Donderdag tot Sondag (5 tot 8 Julie) plaasvind.                   Foto: Marlene Malan

MEER as 25 kunstenaars en foto­grawe stal vandeesweek van Donderdag tot Sondag (5 tot 8 Julie) hul werk uit op die gewilde kunsfees Prince Albert Open Studios.

Dié geleentheid is ’n tuisuitstalling van kunswerke. Alle besoekpunte in en om die dorp is op ’n kuns­roetekaart aangebring – ook die kuns­galery Prince Albert Gallery en die teater The Showroom waar die kunsfilm Tree of Life vertoon word.

Die eerste Open Studios het in Desember verlede jaar plaasge­vind, en was so sukses­vol dat die kunstenaars én dorp dit nou twee keer per jaar wil aanbied.

• Rig navrae aan:
princealbertopenstudios@gmail.com of aan www.princealbertopenstudios.art

Log in with your credentials

Forgot your details?