Luigi April vanjaar by die KKNK!

Luigi April, ’n plaaslike rymkletser wat by die KKNK gaan optree. Foto verskaf

Luigi April, ’n plaaslike rymkletser wat by die KKNK gaan optree. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
LUIGI April (39), ’n rymkletser van Oudtshoorn gaan vanjaar in samewerking met kykNET by die KKNK optree.

Hy het in 2015 naam gemaak met sy album, Sy Genade, wat digitaal internasionaal beskikbaar is.
Luigi is op Oudtshoorn gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Môrester voltooi.
Hy was lid van ’n groep akteurs en sangers wat by die Kango Volstruisplaas opgetree het en later onder die vaandel van Karos & Kambro bekend geword het. In 2001 het hulle ’n Kanna ontvang vir die beste musiekteaterproduksie by die KKNK.

Luigi vertel dat hy sy droom uitleef. “Ek wou nog altyd sing en optree. Ek kom uit ’n Christelike huishou­ding. My ouers was ook albei lief vir musiek en het verskeie instrumente gespeel.
“Ek rymklets oor wat ek voel en experience en ek wil dit met die Here se woorde uitbeeld.
“My liedjies is van toepassing op enige persoon se lewe.”

Luigi vertel dat hy nie net sy eie liedjies skryf nie, maar ook komponeer. “Ek is al 24 jaar in die musiekbedryf. Hierdie is my lewe, my droom. Ek wil niks anders doen nie.”

HY het ook ’n boek geskryf, getitel A walk with the Lord. Die boek is aanlyn beskikbaar in PDF-formaat.
Vir optredes kan Luigi geskakel word by 071 973 803 of per e-pos by luigiapril7@gmail.com.
“Hou my Facebook dop vir informasie!” sê hy.

Luigi se album, Sy Genade, kan afgelaai word by http://cdrun.lnk.to/zXl4d

Log in with your credentials

Forgot your details?