Kom gesels saam oor 25ste KKNK

• Klein Karoo Nasionale Kunstefees vier sy kwarteeu in 2019

OUDTSHOORNIETE word genooi om Maandag (13 Augustus) koppe bymekaar te kom sit met die KKNK oor die kwart-eeuvieringe van die fees in 2019. Die KKNK- kwarteeugesprek vind om 18:00 in die Prince Vintcentgebou plaas.

“Volgende jaar is ’n baie groot jaar vir Oudts­hoorn se KKNK en ons nooi alle Oudtshoorniete en belanghebbendes om by ons aan te sluit en hul idees, gedagtes en drome vir dié fees met ons te deel,” sê Hugo Theart, waarnemende uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die maat­skappy wat die KKNK aanbied.

Theart sê die insette van Oudts­hoor­niete oor die fees is baie belangrik. “Oudts­- hoorn en sy mense is be­lang­rike vennote van die fees. Die gesprek word juis gereël om te gesels en gedagtes uit te ruil.”

• RSVP teen Maandag om 13:00 om die gesprek by te woon: e-pos jou naam, van, instansie en selfoonnommer na Daleen Witbooi by info@kunste.org.za of skakel 044 203 8600.

Log in with your credentials

Forgot your details?