SATERDAG 30 NOVEMBER
NG Kerk Volmoed Vleisbasaar, Volmoed Kerksaal. Kiosk open 09:00, basaar open 10:00. Geen kaartgeriewe beskikbaar nie. Navrae Clara 084 504 3377.
1 TOT 16 DESEMBER
Appelkoospluk by De Krans tot 1 Desember. Kom pluk Oom Sarel-geelperskes vanaf 4 tot 16 Desember vanaf 08:00 – 16:00, solank vrugte hou. Besoek ons bistro en deli. Kontak 044 213 3314
VRYDAG 6 DESEMBER
5 km Colour Run deur Oudtshoorn se strate aangebied deur die Infanterieskool as deel van hul program vir Wêreldvigsdag. Almal welkom. 09:00 by paviljoen by Infanterieskool. Vyf verfgooi-punte langs die roete. R20 per deelnemer of R50 vir ’n span (minimum 6 lede). Inskrywings voor wedren of by 044 203 4227.
VRYDAG, SATERDAG 6 & 7 DESEMBER
Klein-Karoo Opwipmark, NG Kerk Moedergemeente. Vrydag 10:00 – 19:00, Saterdag 09:00 – 14:00. Teetuin en ligte etes elke dag. Aandete op 6 Desember: Hoenderburger teen R25. Kontak 044 272 3130
SATERDAG 7 DESEMBER
Klassieke Klein Karoo Kersfees. Met Jannie Mool­man, Corlea en die Stellenbosch Stads­orkes. Celebratio Granaatplaas buite Oudts­hoorn, 19:30. Kos- en wynstalletjies open om 17:30. Van die wȇreld se mooiste Kersliedere asook gewildste klassieke treffers soos Nessun Dorma en O Sole Mio. Kaartjies by PostNet Oudtshoorn of www.celebratio.co.za. R160 tot R200. Navrae: 082 802 7138.
WOENSDAG 11 DESEMBER
#Trashtag – Blitz, Ons maak die sloot langs NA Smit Swembad in Parkweg skoon. Dress: Festive. Bring eie water te bring. Kontak 065 207 4810.