Sinterklaas en feetjies sorg vir opwinding by St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum!

Daar was verlede Vrydag groot opwinding by die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum op Oudtshoorn toe Sinterklaas en twee beeldskone feetjies opgedaag het om die kinders te kom bederf. Bo is Esther Fricke (een van die feetjies en ’n vrywilliger uit Duitsland wat by die sentrum help), Camerons Meyer (Sinterklaas) en ’n opgewonde Jason George (6). Sowat 1 300 kinders en ook party se ouers het vir dié besoek opgedaag, met party wat reeds vroegoggend by die hek begin wag het. Sinterklaas het op ’n groot Yamaha-ysterperd (1 900 CC) – wat deur Vader Dawid Dettmer en jeugdiges van die sentrum herbou is – opgedaag. Die kinders is bederf met ’n ysie, kolwyntjie, worsrolletjie en ’n lekkergoedpakkie. Foto: Angelique Erasmus

Log in with your credentials

Forgot your details?