Die Rotaractklub van Dysselsdorp Sekondêr met die steun van Oudtshoorn Rotariërklub bederf sowat vyftig senior burgers

Die Rotaractklub van Dysselsdorp Sekondêr het verle-de Donderdag met die steun van die Oudtshoorn Rotariërklub sowat vyftig senior burgers by die Swartberg Outehuis op ’n ete met nagereg asook ’n geskenkpakkie onthaal. Audrey le Roux het die gaste met ’n gees-telike boodskap en gebed bemoedig terwyl Fanie Darries (foto onder) as gaskunstenaar gesing en die gaste vermaak het. Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs, sê om iets spesiaals vir mense te beteken, is ’n groot voorreg wat ’n mens so maklik miskyk. “Ons het groot waardering vir die Rotaract-klub. Dit was lekker om te sien hoe hulle hulself saam met die senior burgers geniet het. Die liedjie wat die seniors vir ons gesing het, was ook baie spesiaal. Dit was ’n voorreg om hul lewenslustigheid te sien en hoe hulle die lewe nog koester. Die dag het ons harte goed gedoen,” het Rupping gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?