Relay for Life 2018 skop af met pers geesdrif!

Deelnemers aan ’n optog waartydens 2018 se Relay for Life bekendgestel is.                                                                              Foto verskaf

Deelnemers aan ’n optog waartydens 2018 se Relay for Life bekendgestel is. Foto verskaf

SPANNE kan nou reeds inskryf vir volgende jaar se Relay for Life (RFL) wat op 3 en 4 Februarie op Oudtshoorn plaasvind, sê Riana Lindeque, voorsitter van die Oudtshoorn Relay for Life-komitee.

Volgende jaar se Relay for Life is op 14 Oktober met ’n pers optog deur die dorp se strate bekendgestel.
Die optog is deur die Groter Oudtshoorn se onderburgemeester, Noluthando Mwati, gelei, terwyl die burgemeestersvrou, Amy Sylvester, en raadslid Ewa Fortuin ook deelgeneem het.

Lindeque sê Relay for Life is baie dankbaar vir die ondersteuning van die munisipaliteit.

“Relay For Life wil met die ‘Power of Purple’ die gemeenskap passievol kry oor kankerbewusmaking. Die geleentheid is simbolies van die stryd wat kankerlyers teen die siekte stry.

“Dit behels dat spanne van tien of meer lede deurnag om die baan stap en ten minste een van die spanlede deurentyd op die baan moet hê,” sê Lindeque.

“Daar is 258 pasiënte geregistreer by die Kansa-kantoor op Oudtshoorn en die getal groei daagliks.

Daarom kan elke persoon in die dorp sê: Ek ken iemand wat kanker het of ek het familie met kanker aan die dood afgestaan, of ek is self ’n kankeroorwinnaar.”

Sy het almal bedank wat bygedra het om ’n sukses van die bekendstelling te maak.

• Groepe wat aan die RFL wil deelneem kan inskryfvorms by die Kansa-kantoor kry. Navrae: tel 0442722724 of e-pos: rflspanne@gmail.com.

Be the first to comment on "Relay for Life 2018 skop af met pers geesdrif!"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*