Oudtshoorn Rotariërs deel ‘Krismisbokse’ uit

Die Oudtshoorn Rotariërs het die afgelope week of twee aan meer as 800 kleuters van Oudts­hoorn en omstreke kersvreugde verskaf met “Krismisbokse” wat hulle by agttien kleuterskole uitgedeel het. Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs, sê die vreugde op die kleingoed se gesigte en hul positiewe reaksie op die geskenke was ’n ongelooflike positiewe ervaring. “Ons het vanjaar twee groot skenkings van R15000 en R10000 vir ons Krismisboks­projek ontvang wat dit vir ons moontlik gemaak het om altesame 822 bokse te kon pak en uitdeel.” Die Rotariërs het 550 bokse geverf en gepak en 272 is deur skole en vrywilligers van Oudtshoorn gepak en opgemaak. Elke geskenkpakkie het ’n tandeborsel en tandepasta, ’n waslap en sepie, ’n inkleurboek en vetkryte, ’n tennis- of soortgelyke bal en ’n pakkie jellie-lekkergoed bevat. Die kleuterskole wat besoek is, is Siyaka, Siembamba, Angel Faces, Elim, Poplap, Bongolethu Childcare Centre, Nomondo, Babbels & Krabbels, Ikaya, Vredelust, Kammaland, Eekhorinkies, Langkloof, Sonneblom, Bridgton Crèche, Katryntjie, Klipdrift en Elizani. Foto: Schalk le Roux

Log in with your credentials

Forgot your details?