Musiek vir Diere dawerende sukses

Die Musiek vir Diere-konsert Saterdag waarmee ’n groep diereliefhebbers geld ingesamel het vir dierewelsyn en spesifiek die sterilisasie van diere in die Oudtshoorn-gebied, was ’n groot sukses – beide wat die hoë gehalte van die program betref en die bywoning van inwoners. Die konsert is aangebied in die NG Moederkerk met die kontinuïteit en regie wat deur die talentvolle Elmine Bester behartig is. Hier is van die mense wat dié besonderse konsert moontlik gemaak het. Van links is Danie la Grange, orrelis en musiekliefhebber by wie die gedagte vir so ’n konsert verlede jaar sy begin gehad het, Hestia Burger wat die konsert georganiseer het – met haar geliefde Pietersielie, en Danie Bester, musiekkenner van die dorp wat die program saamgestel het. Foto: Schalk le Roux

Log in with your credentials

Forgot your details?