Dorp het nou 16 motorwagte

Bo: Oudtshoorn se 16 amptelike motorwagte saam met van links Hennie Davel (Oudts­hoorn Besigheidskamer), raadslid Johan Fourie in wie se wyk die middedorp val en Neil Mooney en Henry Trim van die Munisipale Verkeersafdeling. Foto’s: Angelique ErasmusRegs: Oudtshoorn se 16 amptelike motorwagte saam met van links Hennie Davel (Oudts­hoorn Besigheidskamer), raadslid Johan Fourie in wie se wyk die middedorp val en Neil Mooney en Henry Trim van die Munisipale Verkeersafdeling. Foto’s: Angelique Erasmus

Bo: Ismail Mohammed wat motors voor die poskantoor op Oudts­hoorn oppas, is aangewys as die dorp se tweede motorwag van die maand. Mohammed is volgens inwoners altyd op sy pos, en het verlede week ’n Nedbank-bankkaart opgetel wat hy dadelik na die bank geneem het sodat die eienaar opgespoor kon word. Die wenner van motorwag van die maand, wen ’n R500-geskenkpak wat deur die Oudtshoorn Besigheids­kamer geborg is.

Deur Angelique Erasmus
SESTIEN wagte sal in die toekoms Oudtshoorn se gemeenskap en voertuie beveilig.

Veertien van hulle het die afgelope drie maande streng opleiding onder die waaksame oog van Hennie Davel, voorsitter van die Oudtshoorn Be­sig­­heids­kamer se motorwagprojek, ontvang, terwyl twee tans nog opgelei word.

Die wagte het klere ontvang wat deur die besigheidskamer geborg is.

“Ons wil graag die publiek vra om die motorwagte te ondersteun en om aan hulle ’n fooitjie te betaal. Hulle verdien nie ’n salaris nie en dit is dus hul enigste bron van inkomste” sê Davel.

Hulle mag egter nie bedel nie, sê hy.

Log in with your credentials

Forgot your details?