Foto van die Week

DIE JUWEELKLEURE VAN ’N SONSOPKOMS!
Dié treffende foto, getitel Die son kom op oor Rooiheuwel, is geneem deur Anél Engelbrecht, een van die mense wat onlangs ’n fotografiekursus van die fotograaf, Hans van der Veen, deurloop het. Anél se portefeulje is by die sertifikaatoorhandiging na die kursus aangewys as die beste van die kursus. Rooiheuwel is net buite Oudts­hoorn geleë.