Wiele aan rol vir 9de Erfenis- en Kultuurfees

Deur Garnett Wicomb
DIE wiele is behoorlik aan die rol vir die 9de Erfenis- en Kultuurfees van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) wat vanjaar op Dinsdag 24 September op die Bridgton Sportgronde aangebied sal word.

Volgens die projekbestuurder van die forum, Phillip Seroux, kan Oudts­hoorniete hulle gereed maak vir ’n nog groter en beter fees as dié van die verlede.

Oudshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) is vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar vereer met die Eden Sportoekkenning vir Rekreasie­liggaam van die Jaar en die prestasie word ook met vanjaar se Erfenis en Kultuurfees gevier.

Volgens Baartman het hy en die projekbestuurder, Phillip Seroux, die organisasie nege jaar gelede gestig met die doel om ’n verskil te maak in die lewens van jongmense deur gereeld programme aan te bied om die jeug besig te hou.

Vanjaar se fees begin met ’n straatoptog vanaf die Smartie Town-sirkel om 08:00 wat gelei sal word deur motorfietsryers, trompoppies en ’n brigade-orkes.

Dit is ’n fees vir die hele gesin met ’n vol program wat ’n potjiekoskompetisie, braaivleis, sewesrugby, tafeltennis, sokker, skaak en die kulkuns­- kunstenaar Jannie de Bruin insluit, asook optrede deur die orkes van Oudtshoorn Korrektiewe Dienste.

Daar sal natuurlik ook genoeg stalletjies wees met eet- en drinkgoed vir almal om te koop.

Toegang is gratis terwyl Eden FM regstreeks vanaf die sportgronde sal uitsaai.

Mense kan Seroux vir meer besonderhede asook stalletjies skakel.

Kontak hom by sel by 079 987 9486.

Log in with your credentials

Forgot your details?