Wie het die heel oulikste troeteldier?

Die Hoorn soek die mooiste foto van die oulikste troeteldier, soos dié foto van Aldo van Wyk (8) van Oudtshoorn se pragtige Lily. Lily is einde Julie by die Animal Care Team (ACT) op Oudtshoorn aangeneem.  Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
Die Hoorn is op soek na ons streek se oulikste troeteldier.

Is jou hond jou held, of jou kat die kosbaarste? Dalk het jy ’n mak hoender, besonderse skilpad of papegaai wat mooi kan sing.

Skryf nou jou troeteldier in en wen ’n R650-geskenkpak van die Animal Care Team (ACT) vir jou beste vriend. Foto’s sal weekliks in die koerant verskyn.

Om te kan deelneem, is ’n inskrywingsfooi van R20 per troeteldier betaalbaar by Die Hoorn se kantoor in die Queen’s Mall op Oudtshoorn. Dié fondse sal gaan vir ACT se sterilisasiefonds. Diegene wat nie kontant kan betaal nie, kan Angelique Erasmus kontak vir ACT se rekeningnommer.

Inskrywings vir die kompetisie moet ’n foto van jou troeteldier met ’n kort beskrywing bevat en kan elektronies by Die Hoorn afgelaai of gestuur word na joernalis@hoorn.co.za of per what’sapp na 071 365 7978.

Inskrywings sluit op Vrydag 6 Desember. Die wenner se naam sal in Die Hoorn van 12 Desember verskyn.

Log in with your credentials

Forgot your details?