Weerwaarskuwing vir oostelike dele van Sentrale en Klein Karoo!

‘n Weerwaarskuwing vir die oostelike dele van die Sentrale en Klein Karoo is pas deur die Tuinroete Distriksmunisipaliteit uitgestuur.

Moontlike hewige donderstorms met moontlike hael en vloede word vir vanaand tot môreoggend voorspel. Die weerwaarskuwing dui aan dat hewige donderdstorms baie gevaarlik kan wees met ’n kombinasie van weerlig, flitsvloede, sterk wind, hael en selfs tornado’s.

Tref die volgende voorsorg: Bly binne, maar soek dadelik skuilpelk as jy n buite is – egter nooit onder ’n boom, onder telefoon- of kragdrade, bo-op heuwels, in geïsoleerde skure, of onbedekte gazebo’s of piekniekskuilings nie. Vermy metaalvoorwerpe soos heinings, gholfkarretjies, telefoon- en kragdrade en staalstrukture soos kragtorings of windmeulens.

Moenie aan enige metaalvoorwerp tydens ‘n donderstorm vashou nie, moenie die telefoon gebruik nie of tydens die storm gaan bad of stort nie.
Luister na die radio of TV en hou sosiale mediagroepe dop vir die nuutste inligting.

Log in with your credentials

Forgot your details?