Eerste hofverskyning: Fritz en Tammy bly in aanhouding

Fritz Jacobs en Tammy Weyers. (Foto Facebook)


DIE Oudtshoorn Landdroshof wou nie vanoggend ’n pleitooreenkoms van Frederick Jacobus Francois Jacobs, ook bekend as Fritz Jacobs, aanvaar nie.

Jacobs en ’n vriendin, Tammy Michelle Weyers, wat Donderdag op Kysna in hegtenis geneem is in verband met die diefstal van ’n groot bedrag geld en die gebruik van ’n Hyundai-bakkie van Badenhorst Slaghuis sonder die toestemming van die eienaar, het slegs vlugtig in die hof verskyn.

Die saak teen hulle is tot 5 Oktober uitgestel. Hulle bly albei in aanhouding.

Jacobs, wat geklee was in ’n bruin broek, swart hemp en leerbaadjie, het tydens die hofverrigtinge strak voor hom uitgestaar. Weyers was geklee in ’n pienk denimbroek en swart Nike-baadjie.

’n Familielid van Weyers wat die verrigtinge bygewoon het, wou nie met Die Hoorn praat nie.

Jacobs en Weyers het albei aansoek gedoen om regshulp. (Berig deur Angelique Erasmus)

Log in with your credentials

Forgot your details?