Wynkenner loof De Krans en Boplaas

Bo: Louis van der Riet van De Krans met die 2015 Cape Vintage Reserve. Regs: Boplaas se Gamka Branca 2016.

Bo: Louis van der Riet van De Krans met die 2015 Cape Vintage Reserve. Regs: Boplaas se Gamka Branca 2016.

8 Boplaas Gamka Branca

DIE wyne van twee wynkelders van Calitzdorp, De Krans en Boplaas, word behoorlik besing in die langverwagte jaarlikse verslag oor Suid-Afri­kaan­se wyne deur die gesaghebbende wyn­kom­mentator en Britse wynmeester Tim Atkin.

Atkin, wat beskou word as een van die top wynskywers ter wêreld, het ongeveer 1,700 Suid-Afrikaanse wyne beoordeel in hierdie 2017 ver­slag, wat gepubliseer is op 13 September.

• Volgens Atkin se verslag is De Krans een van die heel beste portprodusente en het twee van De Krans se portstyl wyne onderskeidelik 96 en 92 punte uit ’n moontlike 100 ontvang! In die verslag beskryf Atkin De Krans as ’n “briljante produsent van gefortifi­seerde wyne”.

De Krans se 2015 Cape Vintage Reserve het 96 punte ontvang en is in die verslag aangewys as die beste gefortifiseerde wyn in Suid-Afrika en “die beste jong portstyl wyn wat hy al ooit uit Suid-Afrika geproe het.” Dit is volgens Boets Nel van De Krans die hoogste punt wat nog deur Atkin aan enige wyn uit die Klein Karoo-streek toegeken is.

De Krans se Cape Tawny Ltd Release het 92 punte ontvang en die 2015 Tritonia Rooi Ca­litzdorp Versnit, De Krans se vlagskip rooiwyn wat berei is van vier Portugese druif- kultivars, 91 punte.

• Atkin het ook groot lof gehad vir die uitstekende kwaliteit-wy­ne van Boplaas wat van tradisionele port-kultivars gemaak word.

Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2015 het 94 en die Boplaas Family Reserve Gamka 2015 en Gamka Branca 2016 beide 91 punte ontvang.

“Tim Atkin is ’n invloedryke kommentator in een van die grootste markte vir Suid-Afrikaanse produsente en dus word sy opinie hoog aange­slaan,” sê Boplaas se eienaar, Carel Nel, wat die wynmaakpligte met sy dogter, Margaux, deel. “Ons is baie opgewonde dat die uitstaande kwaliteit wat ons in ons wingerde van veral die Portugese variëteite bespeur, uiteindelik die internasionale erkenning wat dit verdien, ontvang.”

Log in with your credentials

Forgot your details?