Soet hanepoot wink by De Krans

’n Glas wyn by die De Krans Bistro en druiwepriële wat swaar hang van die hanepootdruiwe.  Die foto is oor die naweek by  De Krans op  Calitzdorp  geneem waar besoekers tans hul eie soet hanepootdruiwe kan pluk. Foto:  Mia le Roux

’n Glas wyn by die De Krans Bistro en druiwepriële wat swaar hang van die hanepootdruiwe.
Die foto is oor die naweek by De Krans op Calitzdorp geneem waar besoekers tans hul eie soet hanepootdruiwe kan pluk. Foto: Mia le Roux

DAAR is min lekkerder dinge om in Februarie in die Klein Karoo te doen as ’n besoek aan De Krans op Calitzdorp om jou eie soet hanepootdruiwe te gaan pluk.

As jy jou eie houer bring, kos dié druiwe slegs R7,70 per kg. Houers is egter ook beskikbaar by De Krans.
En terwyl jy daar is, rek gerus die ervaring uit met ’n voortreflike ete by De Krans Bistro, een van die 24 eetplekke langs die R62 in die Klein Karoo wat onlangs met ’n Klein Karoo Smulpaaptoekenning bekroon is. Jy sal nie spyt wees nie.

• Druiwepluk daagliks vanaf 08:00 – 16:00 tot Dinsdag, 28 Februarie. Die De Krans Bistro en wynverkope is daagliks oop van 09:00 tot 17:00. Navrae: 044 133 314.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?