Onvergeetlike ervaring by JAN

Boplaas-wyne bedien in Nice, Frankryk

Van der Westhuizen praat met sy gaste by ’n spesiale ete in die privaat-eetkamer Maria waar Suid-Afrikaans geïnspireerde kos voorgesit is met Boplaas-wyne. Langs hom sit Carel Nel van Boplaas.  Foto’s  verskaf

Van der Westhuizen praat met sy gaste by ’n spesiale ete in die privaat-eetkamer Maria waar Suid-Afrikaans geïnspireerde kos voorgesit is met Boplaas-wyne. Langs hom sit Carel Nel van Boplaas. Foto’s verskaf

Jan Hendrik van der Westhuizen, Rozanne Nel en Peter Tempelhoff in die restaurant JAN in Nice

Jan Hendrik van der Westhuizen, Rozanne Nel en Peter Tempelhoff in die restaurant JAN in Nice

Deur Liesel le Roux
DIT was ’n onvergeetlike ervaring om Jan Hendrik van der Westhuizen, Michelin-bekroonde Suid-Afrikaanse chef en eie­naar van Restaurant JAN in Nice, Frankryk in aksie te sien, sê Rozanne Nel, bemarker van Boplaas Familiewingerde in Ca­litzdorp.

Boplaas was die naweek van 26 en 27 Januarie deel van ’n spesiale ete by JAN, toe wyne van dié Klein Karoo-wynplaas gepaar is met Suid-Afrikaans geïnspireerde kos gemaak deur Van der Westhuizen en Peter Tempelhoff van die Greenhouse in Kaapstad.

Dit was deel van ’n eenmalige ini­siatief van Van der Westhuizen met die opbrengs wat sal gaan aan ’n liefdadigheidsorganisasie in Suid-Afrika.

Van der Westhuizen se verhaal van hoe hy van plaasseun van Middelburg Mpumalanga, tot eienaar van een van die Franse Riviera se voorste restaurante gevorder het, was onlangs te sien in die reeks JAN op kykNET.

“Ek kan nie woorde vind om die ervaring te beskryf nie,” het Nel op Facebook geskryf. “Veral om ’n reeks Boplaas-wyne te hê wat geskink word en die Boplaas 8 Year Reserve Brandewyn op die spyskaart.”

Vir ’n lusmaker – so het die spys­kaart vir die ete van Saterdagaand gelyk wat bedien is in die privaat-eetkamer wat bekend staan as Maria. Elke gang van dié agtgangete is gepaar is met ’n ander Boplaas-wyn:

Voorgeregte: Boegoe, komkommer en oester. Karoo-volstruis, tartaar king cone met rooibosroom en uiemarmelade.

Hoofgeregte: Hermanus-perlemoen met eiervla en sake-ryswyn. Mieliepap, tuna-biltong en Mediterreense chakalaka.

Uitgespoel langs die Skedelkus – skulpvis, seegras en sesame. Kwartel, kastaiing, wit sjokolade, gestoomde koolbobotie.

Nageregte: Heuningbos en joghurt, dillekomkommer, Ceres-kersies en MCC-jellie. Sago, hibiskus en swartbessie.

Log in with your credentials

Forgot your details?