Boplaas maak beste port

Uitslae van 2018 National Wine Challenge

Margaux Nel, wynmaker van Boplaas Familie Wingerde, en Jan Braai in Boplaas se wingerde in Calitzdorp. Jan Braai het Calitzdorp verlede week besoek. Foto verskaf

Margaux Nel, wynmaker van Boplaas Familie Wingerde, en Jan Braai in Boplaas se wingerde in Calitzdorp. Jan Braai het Calitzdorp verlede week besoek. Foto verskaf

BOPLAAS FAMILIE WINGERDE het pas weer gewys waarom hulle beskou word as ’n topprodusent van Suid-Afrikaanse Cape Port en rooiwyne gemaak van Portugese kultivars.

Boplaas se 2016 Cape Vintage Reserve Port is aangewys as die Beste Port in SA vir 2018 by die National Wine Challenge (NWC) en het ’n Grand Cru Best in Class en ’n platinum-medalje losgeslaan. Die port is ook al as die Suid-Afrikaanse kampioenport by die SA Jongwynskou aangewys asook as die mees bekroonde port in Suid-Afrika in die Grand Cru-klas by die NWC.

Die Boplaas Touriga Nacional 2017 het ’n dub­belgoue medalje gewen en daarmee gewys dat Margaux Nel, wynmaker met ’n MSc in wingerdkunde,  ’n verskil maak met haar kundigheid.

Boplaas se Ring of Rocks 2015, ’n versnit van Portugese rooi kultivars, en die Boplaas Gamka Branca 2016 het dubbelsilwer medaljes losgeslaan.

Carel Nel, mede-eienaar, sê hy is baie in sy skik met die toekennings. “Die toewyding in die win­gerde sowel as die kelder lewer jaar na jaar wêreldklas wyne op.”

Boplaas se port is landwyd beskikbaar by uitgesoekte handelaars, asook die proelokale op Calitzdorp en Klein-Brakrivier.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?