Boplaas-driekuns by Top 100-wyne

Boplaas se driekuns onder die Top 100-wyne.  Foto:   verskaf

Boplaas se driekuns onder die Top 100-wyne. Foto:  verskaf

BOPLAAS Familiewingerde in Calitzdorp het ’n driekuns behaal by vanjaar se National Wine Challenge Top 100-wyne en bevestig waarom die kelder as ’n leier in die produksie van Portugese tafelwyne en Cape Port beskou word.

Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2015 het ’n dubbele platinum-toekenning verwerf en is ook aangewys as die Grand Cru National Champion Best in Class. Hierdie klassieke Cape Vintage Reserve is gemaak van Touriga Nacional, Tinta Barocca en Souzoa, volgens die tradisionele metode van Portugese vintage Port.

Die Boplaas 2015 Gamka Reserve rooiwyn was ’n waardige ontvanger van ’n dubbele goue medalje. Hierdie uiters komplekse rooiwyn is die produk van ’n versnit van Touriga Nacional, Tinta Barocca, Shiraz en Touriga Francesa en het ’n verouderingspotensiaal van 15 jaar en selfs langer.

Die Boplaas Ring of Rocks 2013 het ook ’n dubbelgoue medalje verower. Die naam van die wyn verwys na die klipsirkel wat te sien is langs die Boplaas-kelder. Dit is gemaak van Touriga Francesca en Tinta Barocca en hoewel dit tans ʼn heerlike drinkwyn is, kan dit met groot sukses vir ’n verdere sewe jaar lank in die bottel verouder.

Log in with your credentials

Forgot your details?