Reën en sneeu verwag in die Klein Karoo en Suid-Kaap

reen

Daar is ‘n moontlikheid van goeie reën oor die volgende paar dae in die Klein Karoo en Suid-Kaap. En, ja, selfs die moontlikheid van sneeu op die Swartberge.

Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens beweeg ‘n sterk bolugtrog Dinsdag oor die Klein Karoo en Suid-Kaap met sterk aanlandige vloei en word bewolkte, reënerige weer Dinsdag en Woensdag oor die hele gebied verwag, met ‘n moontlikheid van swaar reën (meer as 50 mm) in die berg- en kusgebiede.

Koel tot koue weer sal met die reën gepaard gaan, met ligte sneeu wat moontlik is op die pieke van die Swartberge teen Woensdagoggend.

Venter sê daar is ‘n 80%-kans vir 30 mm reën op plekke in die Klein Karoo, maar is reënval van meer as 50 mm moontlik teen die Swartberge.  “Mense moet egter in gedagte hou dat die stelsel kan verander,” het hy bygevoeg.

Hou Die Hoorn dop vir verdere inligting oor die weer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?