Koue reënweer oor Klein Karoo wyk glo Vrydag

DIE winter is nog nie verby nie! Dit het ’n kouefront getoon wat Dinsdagnag oor die Klein Karoo inbeweeg het met koue reënweer in die Klein Karoo en die hele Suid-Kaap.

Die maksimum temperatuur gister op Oudtshoorn was 12 grade C. Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens word die maksimum tempera- tuur vandag op 14 grade C beraam.

Daar was gister ook ’n moontlikheid van sneeu op die berge van die Klein Karoo.

Die koue en reën sal na verwagting Vrydag opklaar. Die weerdiens het ook gewaarsku teen moontlike swaar reën in en naby berggebiede en in die oostelike dele van die Eden Distrik (Knysna, George, suidelike Lang­kloof-areas).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?