Wiele van gereg maal fyn, sê Bredell

Optrede van Valke in munisipaliteite 

Deur Liesel le Roux

“DIE wiele van die gereg maal stadig maar seker.”
Dit was gister die woorde van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, oor die optrede die afgelope paar maande van die Valke in die munisipaliteite van George, Oudtshoorn en Kannaland.

Bredell het die Valke, die Polisie se direktoraat vir die ondersoek van priori­teitsmisdade, bedank vir hul bystand aan die provinsiale regering om beweerde korrupsie in party munisipaliteite aan te spreek.

Die Valke het onlangs op die George Munisipaliteit toegeslaan na­dat hulle vanjaar en verlede jaar op Kannaland toegeslaan het en die afgelope jare op Oudtshoorn met ondersoeke besig was. Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, het in Maart

bekend gemaak dat die Valke se ondersoek op Oudtshoorn afgehandel is en inhegtenisnemings binnekort verwag kan word.
Bredell sê die Valke se ondersoeke na die munisipaliteite van Oudts-hoorn en Kannaland het reeds ’n “groot ver­andering” in die twee munisipaliteite tot gevolg, maar dat dit prosesse is wat steeds voortgaan.

“Die wiele van die gereg draai sta­dig maar seker, en ek en my departement sal elke tree van die pad daar wees om die Valke en die SAPD te ondersteun om korrupsie uit te roei waar ook al dit sy lelike kop uitsteek.

“Ons wil ’n beroep doen op amp­tenare en openbare verteenwoordigers in al ons munisipaliteite om hul verpligtinge en verantwoordelikhede te onthou.

“Ons wil ook die publiek aanmoedig om enige oortreding of vermoedelike oortreding te rapporteer in die wete dat daar opgetree sal word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?