Wees op uitkyk vir fietsryers

 

bicycle-20clip-20art-bike_rider

Die Oudtshoorn Fietsryklub doen ’n beroep op motoriste om die volgende drie weke bedag te wees op groot getalle fietsryers wat van vroegoggend al op die pad sal wees.

Talle fietsryers oefen tans daagliks vir die Cape Town Cycle Tour (Argus), gewoonlik vanaf omstreeks 05:30.

Volgens die klub sal fietse rooi liggies agterop hê en die meeste fietsryers sal op die Volmoed-sirkelroete (vanaf die Highgate Volstruisplaas, links by die Volmoed-kafee, links op die R26 en terug op die Mosselbaai-pad weer tot by Highgate) en op die Kleinplasie-Sasko-sirkelroete oefen.

Die Cape Town Cycle Tour vind op 12 Maart 2017 in Kaapstad se middedorp.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?