Watertrokke op pad na De Rust

Drie watertrokke, twee van die Oudtshoorn Munisipaliteit en een van die SANW op Oudtshoorn, is op pad na De Rust om water aan die inwoners te gaan verskaf.

De Rust het ’n ernstige waterprobleem sedert die groot brande by die Swartberge naby onder meer De Rust. Onder meer roet het De Rust se waterbronne besoedel en die water is onbruikbaar vir huishoudelike gebruik.

Een munisipale vragmotor gaan na die Ou Lokasie in die Voëlgesang-omgewing en daarna na die muisipale kantore van De Rust vir die inwonners van die Onderdorp.

‘n Ander vragmotor gaan tussen informele nedersettings rondbeweeg om water daar te verskaf, en die derde vragmotor gaan watertenks opvul by huishoudings wat watertenks het.

Freddy de Bruin, die beampte wat vir De Rust verantwoordelik, is van vandag nie op kantoor nie, maar kan gekontak word. Vir enige navrae of klagtes kan tel 044 203 3939 of selnr 071 739 2129 geskakel word. Klagtes kan ook per e-pos gestuur word na DeRust@oudtmun.co.za.

Huishoudings met watertenke kan hul adresse verskaf by gemelde nommers of aan Freddy deurgee.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?