Waterkrisis dreig op Dysseldorp en in landelike gebiede

Waterclipart
Dysselsdorp en die landelike gebiede oos van Oudtshoorn staar ’n waterkrisis in die gesig met ’n kragonderbreking wat veroorsaak dat water nie meer na hul reservoirs gepomp word nie.
Die oostelike boorgatvelde van die Klein Karoo Landelike Watervoorsieningskema (KKLWVS) is sedert Dinsdagnag sonder krag en die skema se watersuiweringswerke op Dysselsdorp ook. Dit bring mee dat geen rouwater uit die boorgate gepomp kan word nie en die suiweringswerke ook nie kan funksioneer nie.
Volgens ’n verklaring van die Oudtshoorn Munisipaliteit is die reservoirs besig om leeg te loop en gaan die gebiede se water waarskynlik later vanaand heeltemal op wees indien die krag nie herstel word nie.
Eskom is volgens die verklaring tans besig om aandag te skenk aan die kragonderbreking.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?