Vloedwater oor Oudtshoorn-strate

'n Motor wat vroeg vanoggend deur die Grobbelaarsrivier by die Rademeyerstraat-laagwater wou ry, en toe in die water gevrek het.

‘n Motor wat vroeg vanoggend deur die Grobbelaarsrivier by die Rademeyerstraat-laagwaterbrug wou ry, en toe in die water gaan staan het.

Die voertuig, 'n Volvo, word deur 'n wegsleepvoertuig van Japie Reinhardt gelaai.

Die voertuig, ‘n Volvo, word deur ‘n wegsleepvoertuig van Japie Reinhardt gelaai.

Die voertuig se vloer wat toe onder die water was.

Die voertuig se vloer wat toe onder die water was.

'n Grondverskuiwingsvoertuig ry deur die rivier.

‘n Grondverskuiwingsvoertuig ry deur die rivier.

Die Grobbelaarsrivier het in die vroeë oggendure verskeie laagwaterbrûe en paaie op Oudtshoorn oorstroom. Baie van die paaie is egter nou weer begaanbaar.

Volgens kapt Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, is Rademeyerstraat en Albertstraat nog gesluit.

Pojie sê Meiringspoort is ook nog gesluit vir verkeer. ’n Aantal voertuie wat in modderstortings vasgeval het, is volgens hom ook steeds daar vasgekeer. ’n Passasiersbus wat gisteraand deur vloedwater in die Poort vasgekeer is, kon egter intussen uitkom.

Die insittendes van ’n ambulans wat deur water meegesleur is, is ook veilig en gisteraand reeds in ’n hospitaal behandel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?