Vloedwaarskuwing!

Sambreel

Die SA Weerdiens het vanoggend (Vrydag, 27 Januarie 2017) ’n waarskuwing uitgereik oor die moontlikheid van vloede langs die suidkus.

Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens sluit die waarskuwing Oudtshoorn se buurdorpe, George en Mosselbaai, in.

Die SA Weerdiens het gister ’n 80%-kans vir reën in Oudtshoorn voorspel wat hoofsaaklik vanaand en oornag sal val. Vandag se maksimum temperatuur word op 23% beraam.

Die reënweer word veroorsaak deur ’n laagdruk suid van die land. Swaar reën word voorspel vir die kugebiede in die Eden-distrik en in die Overberg-distrik.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?