Versengende hitte vir Dinsdag voorspel


unnamed-1

‘N BAIE warm dag met die temperatuur wat tot bokant 40 grade C gaan styg,  word vir môre in die Klein Karoo voorspel. Langs die kus sal die kwik tot in die hoë 30’s klim.

Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens word aflandige winde ook voorspel met weerstoestande wat gunstig sal wees vir die ontstaan van wegholveldbrande in die hele Eden Distrik, insluitend die Klein Karoo.

“Baie warm en droë toestande kan lei tot hoë ongemaklikheidsvlakke.”

Intussen het die Oudtshoorn Munisipaliteit vanmiddag bekend gemaak dat ‘n erge veldbrand by Paardebond (anderkant Volmoed) op plase woed. Die Eden Brandweer is op die toneel.

 

Log in with your credentials

Forgot your details?