Twee ongelukke buite Oudtshoorn oor Sondag-middaguur

Ongeluk op Georgepad

Een persoon is omstreeks 13:00 vanmiddag met die ambulanshelikopter na George geneem nadat dié voertuig op die N12 tussen Oudtshoorn en George gerol het. Die bestuurder van die voertuig het na bewering beheer oor die voertuig verloor naby die ingang na Chandelier.  Die ander insittendes is met beserings na hospitale in Oudtshoorn en George geneem. ‘n Tweede ongeluk het kort daarna op die Kango Grotte-pad plaasgevind toe die bestuurder van ‘n ander voertuig ook beheer verloor en ‘n paal langs die pad getref het. Die bestuurder is na verneem word ‘n Belgiese toeris wat aan die verkeerde kant van die pad gery en vir aankomende verkeer uitgeswaai het. Niemand is beseer nie. Foto: Schalk le Roux

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?