Trok bots teen elektriese kas

KRAGONDERBREKING: Die skade aan die distribusietransformator wat deur ’n vragmotor veroorsaak is toe dit daarin vasgery het, is duidelik sigbaar. (Foto verskaf.)

KRAGONDERBREKING:
Die skade aan die distribusietransformator wat deur ’n vragmotor veroorsaak is toe dit daarin vasgery het, is duidelik sigbaar. (Foto verskaf.)

Deur Ilze-Mari Gründling
VERSKEIE dele van Wesbank op Oudtshoorn en die middedorp is gisteroggend (Woensdag, 20 Desember) sonder krag gelaat nadat ’n afleweringsvragmotor in die distribusietransformator
by Oudtshoorn Spar in Voortrekkerweg vasgery het.

Volgens Ntobeko Mang qwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het ’n 11 kV poolklem (termination) uitgebrand toe die trok die distribusietransformator tref. Elektrisiteit in die middedorp is vinnig herstel. Volgens Mangqwengqwe is die geraamde skade nog nie bekend nie
en alle koopkragmeters is buite werking. Volgens Mangqwengqwe word aandag aan die probleem gegee.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?