Sterk wind vernietig informele huise in Rose Valley

unnamed

Sterk wind het vanoggend twee informele huise in Rose Valley (voorheen Riemvasmaak) in Oudtshoorn verwoes.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshorn Munisipaliteit, is verteenwoordigers van die behuisingsafdeling op pad na die woonbuurt om die inwoners te gaan bystaan.

“Die munisipaliteit ondersoek tans alternatiewe verblyf vir die inwoners totdat die stormagtige weer verby is. Die mense sal ook bygestaan word met die oprigting van strukture.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?