Sportfees na twee jaar se afwesigheid weer aan die gang

Konsentrasie by die skaakbord. Foto’s Garnett Wicomb

Sportfees2 Dominoes3GarnettSportfees3Garnett
Deur Garnett Wicomb
DIE Oudtshoorn Sportfees het Saterdag danksy ‘n aansienlike finansiële bydrae van die Wes-Kaapse departement sport en kultuursake met verskeie toernooie afgeskop.
Alhoewel kleiner as in die verlede kon die fees na twee jaar se afwesigheid weer deur die munisipaliteit aangebied word, het Ian Laubscher, sportbeampte van die munisipaliteit, Vrydagoggend tydens die amptelike loodsing in die raadsaal gesê.
Slegs ses sportkodes is op vanjaar se program teenoor die 12 tot 14 van die verlede.
Die fees het Saterdag begin met die Oudtshoorn ope skaaktoernooi in die ontspanningssaal op die Rec, die Safa Eden Top 8-sokkertoernooi in die Bongolethu stadion, die Eden-distrik-netbalontwikkelingstoernooi op die Bridgton sportgronde, die Wes-Kaap jeug-rolbalontwikkelingstoernooi by die Oudtshoorn Gholfklub, die Eden-streek amateur-bokstoernooi by die Oudtshoorn Infanterieskool en ‘n dominotoernooi in die saal van die Suid-Kaap Kollege. (Foto’s: Garnett Wicomb)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?