Skok op Oudtshoorn na moord op bekende

Preston Titus. Foto: Facebook

Preston Titus. Foto: Facebook

INWONERS van Oudtshoorn het vanoggend met skok gereageer op die dood van ‘n bekende inwoner van die dorp en stafsersant by die Oudtshoorn Infanterieskool, Preston Titus.

Titus se liggaam is vanoggend deur gesinslede in hulle huis by die weermagbasis met steekwonde – onder meer ‘n wond onder sy ken – gevind. Volgens kapt Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, ondersoek die polisie ‘n saak van moord.

Pojie sê geen inhegtenisnemings is nog gedoen nie.

Titus was die eggenoot van ‘n ANC-raadslid van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, Magdaleen Titus.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?