Rust en Vrede Waterval tans gesluit

Deur Liesel le Roux
DIE pad na die Rust-en-Vredewaterval buite Oudtshoorn is na verneem word reeds sedert die stortreën in die omge­wing twee weke gelede gesluit.

Die Oudtshoorn Toerismekantoor het vandeesweek ’n kennisgewing uitgestuur na sy lede dat die waterval gesluit is tot verdere kennisgewing weens skade as gevolg van die reën.

’n Inwoner van Oudtshoorn, Marais le Roux, het Die Hoorn verlede Vrydag ingelig dat hy voor ’n toegesluite hek beland het toe hy die waterval wou besoek.

Volgens Le Roux was daar geen bord of teken wat hom gewaarsku het dat die waterval nie besigtig kan word voordat hy by die toe hek aangekom het nie. Hy sê hy is deur die toerismekantoor ingelig die pad is gesluit as gevolg van die swak toestand daarvan.

Log in with your credentials

Forgot your details?