Raubenheimerdam se vlak effens hoër

Die Raubenheimerdam. Argieffoto

Die Raubenheimerdam. Argieffoto

Na die reën en sneeu op die berge die afgelope twee weke is die Raubenheimerdam se vlak slegs een persent hoër.

Dié dam, waar Oudtshoorn se drinkwater vandaan kom, was gistermiddag op 49% vol. Die vorige paar weke was die damvlak konstant op 48%.

Omdat dit so droog is die laaste tyd loop reënwater en sneeu wat smelt nie meer so maklik af in die dam in nie, maar absorbeer die dorstige grond die meeste water.

Inwoners van die dorp hoop tans op meer reën omdat moontlike droogtetariewe deur die munisipaliteit ingestel kan word as die damvlak – met die warm somermaande in die vooruitsig – nie bo 50% styg nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?