Projek om rivier skoon te maak

Verteenwoordigers van verskillende organisasies het Dinsdag by die Grobbelaarsrivier by die Queen’s Mall byeengekom om ’n rivierskoonmaakprojek te bespreek. Voor van links is Hugo du Plessis van Cango Wildlife Ranch, Suné Rupping van die Oudtshoorn Rotariërs, raadslid Hendrik Ruiters, Kie-Mari Landman van Dryland Event Management en raadslid Hendrik Botha, en agter van links Harold Lekay, hoof: reini­gingsdienste van die Oudtshoorn munisipaliteit, Murray-Wayne Konnie, hoof: rampbestuur van die munisipaliteit, Phillip Goets van die Rotariërs en Christaan McGear, superintendent: parke by die munisipaliteit.

Verteenwoordigers van verskillende organisasies het Dinsdag by die Grobbelaarsrivier by die Queen’s Mall byeengekom om ’n rivierskoonmaakprojek te bespreek. Voor van links is Hugo du Plessis van Cango Wildlife Ranch, Suné Rupping van die Oudtshoorn Rotariërs, raadslid Hendrik Ruiters, Kie-Mari Landman van Dryland Event Management en raadslid Hendrik Botha, en agter van links Harold Lekay, hoof: reini­gingsdienste van die Oudtshoorn munisipaliteit, Murray-Wayne Konnie, hoof: rampbestuur van die munisipaliteit, Phillip Goets van die Rotariërs en Christaan McGear, superintendent: parke by die munisipaliteit.

VERSKEIE organisies gaan op Mandeladag (Dinsdag, 18 Julie) kragte saamsnoer om vullis te verwyder uit gedeeltes van die Grobbelaarsrivier wat deur Oudtshoorn vloei.

Die gedeeltes waarop gefokus gaan word, is die toeganklike gedeeltes van die river vanaf Van der Riet- tot by Vredestraat. Daar gaan egter nie net die 67 minute van Mandeladag skoongemaak word nie. Die projek gaan die hele dag duur en kan verleng word tot Vrydag as die werk nie vroeër voltooi word nie.
Die gedagte om die rivier op Mandeladag skoon te maak, het by die Oudtshoorn Rotariërs ontstaan. Die Rotariërs het toe verneem dat Dryland Event Management ook ’n rivierskoonmaakprojek be-oog. Daar is besluit om kragte saam te snoer. Die Oudtshoorn munisipaliteit en Cango Wildlife Ranch het albei onmiddellik ingewillig om betrokke te raak. Die Hoorn is die mediaborg van die projek.

Enigeen wat wil kom hand bysit met die rivierskoonmakery is welkom om Dinsdagoggend om 08:30 saam met genoemde organisasies op die oop stuk grond langs St Johnstraat tussen die Oudtshoorn Rolbalbaan en die Grobbelaarsrivier byeen te kom. Die projek sal van hier koördineer word.
Daar gaan veral gefokus word op die gedeeltes van die rivier waar dit die strate kruis.

Die veldtog het ook ten doel om inwoners bewus te maak van die nadele van die strooi van rommel en om die gemeenskap aan te moedig om die dorp skoon te hou.

Henco Rademeyer van Dryland sê om dié rede gaan swartsakke met die vullis wat opgetel word, op die parkeerterrein van die Queen’s Mall in ’n afgesperde gebied opgestapel word.

Hy sê nog ’n doel van die veldtog is om Oudts­hoorn aantrekliker vir toeriste en besoekers te maak. Dryland, wat in ’n groot mate op die omge­wing en natuur fokus met hul bergfietsrenne, stel twee bakkies en ’n aantal mense vir die projek beskikbaar.

Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs, sê dié diensorganisasie wil graag meer betrokke wees by die gemeenskap. Die skoonmaakveldtog sluit ook goed aan by vanjaar se tema van Rotary International: “Making a difference.”

“Ons glo met die samewerking van almal op Oudtshoorn kan ons saam ’n groter verskil maak!”
Rupping het haar dank teenoor die Oudtshoorn Munisipaliteit en Cango Wildlife Ranch (CWR) uitgespreek omdat hulle onmiddellik vuur en vlam was om met voertuie en werkspanne te kom help toe hulle genader is.

Charleen Boshoff, Marketing Manager of Cango Wildlife Ranch, said they support and partake in Mandela Day annually. “We often do our own river and road clean-ups. But this year we are excited to join hands with the other partners in order to have a higher impact and make a bigger difference,” she said.

She said this cause is important to CWR for a few different reasons. “We strive on a daily basis to educate the general public on animal and environmental awareness. We endeavor to encourage guests to minimize their environmental footprint for the greater good of our planet and all creatures it holds,” she said.

CWR also feel strongly about litter and recycling. “Our facility is completely plastic bag free. We discourage the use of plastic packets/plastic grocery bags and highlights the damage it causes to our environment and many suffering animals who consume and get trapped in the rubbish which brings them to their demise.”

CWR eagerly supports the Mandela Day initiative “in honour of a great man who did so much for our nation”.

Volgens Boshoff gaan personeel van CWR as-ook ’n groep internasionale vrywilligers aan Dinsdag se skoonmaakprojek deelneem. Die vrywilligers gaan op die koop toe ’n vinnige geskiedenisles kry oor waaroor Mandeladag gaan. Boshoff het beklemtoon dat dit belangrik is dat almal leefstylaanpassings maak wat mense se impak op die omgewing verminder. “Ons wil ook graag die gemeenskap inspireer om ’n trots te ont­wikkel in ons dorp en die omgewing se fauna en flora.”

Enigeen wat by die skoonmaakprojek betrokke wil raak, kan navrae stuur na info@hoorn.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?