Polisie vra hulp met moord op Preston Titus

Preston Titus. Foto: Facebook

Preston Titus. Foto: Facebook

DIE polisie het mense wat kan help met inligting oor die moord op ‘n bekende Oudtshoorniet, Preston Titus, versoek om die ondersoekbeampte,  ao Martin le Roux , te kontak by sel 082 402 1730 of tel 044 2744430, of die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, te skakel

Titus, ‘n stafsersant by die Oudtshoorn Infanterieskool, se liggaam is met verskeie steekwonde in sy rug en ken vroeg Saterdagoggend in sy huis op die weermagbasis gevind. Hy was die eggenoot van ‘n raadslid van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, Magdaleen Titus.

Volgens kapt Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, is Titus se liggaam in sy slaapkamer gevind. “Voorlopige inligting dui daarop dat sy dogter omstreeks 24:00 tuis gekom het nadat sy uit was met vriende. Nadat sy geklop en telefonies met hom wou kontak maak, het sy geen reaksie ontvang nie en het toe maar haar ma wakker gemaak wat ontdek het dat haar man in die aangrensende kamer dood lê. Sy is daarna na vriende toe waarvandaan sy die polisie ontbied het.”

Pojie sê verskeie items uit die huis word vermis, maar dat die polisie nie tekens van gedwonge toegang tot die huis kon vind nie. “Tablette van Titus en sy vrou word vermis, asook sy vrou se selfoon en goue horlosie.” (berig deur Liesel le Roux)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?